Besoekers aan Pacaltsdorp-kliniek het Vrydagoggend hul wagtyd eet-eet omgesit, met 'n heerlike warm koppie sop wat die vroue van die Anglikaanse Vrouevereniging (AVV) gemaak het.
Die vroue poog om jaarliks iets vir hul naaste op Mandeladag te doen, en het vanjaar besluit dat 'n koppie sop ideaal gaan wees in die koue en om die hongerpyne weg te hou.
Die koppie sop is met 'n broodjie geniet wat die George Herald en die George Mini Ads News se Sandwich Jam verskaf het.
Die Sandwich Jam het die breër gemeenskap van George betrek om meer as 3 000 toebroodjies te maak.
Die pret-uitdaging is in minder as die verkose "67 minute vir Mandela" voltooi, waarna die toebroodjies en ook lemoene aan besoekers by die George-hospitaal en plaaslike klinieke uitgedeel is.
Hierdie jongman Nathan Cornelius sê die sop is lekker!
Wat beter as 'n koppie sop en broodjie daarmee op 'n Wintersdag?
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'