GEORGE NUUS - Wil jy by die kenners meer leer van rugby en netbal? Dan moet jy môre, 15 Desember, by Outeniquapark aanmeld wanneer 'n rugby- en netbalafrigtingskliniek op die sportterrein gehou word.
Dit begin om 08:00 en duur tot 11:00. Dit sal waargeneem word deur die SA Legends, Philip Snyman, waarnemende afrigter van die Blitsbokke en Lenize Potgieter, doelwagter van die Proteas.
Dit is deel van die Africa Skill George Tens wat vandag (14 Desember) begin het en tot Sondag 17 Desember aanhou.
Juanita da Matta, van die reëlingskomitee, het gesê bywoning is gratis. Al wat jy moet is om so gou moontlik te registreer by www.georgetens.co.za. Die organiseerders wil vooraf 'n idee vorm van die bywoningsgetalle.
Sportsoorte
Die hoofdis is rugby (10 kode rugby), maar daar is ook verskeie ander sportsoorte soos hengel, netbal, gholf, kleibaantennis, padeltennis, raakrugby op die strand, dodgeball, 'n 10 km-wedloop en 'n kleurwedloop.
Daar is nog plek vir die kleibaantennis, padeltennis, hengel, dodgeball, die 10 km wedloop en 'n kleurwedloop.
Dit is vanjaar die derde keer wat die fees aangebied word. Die organiseerders verwag dat vanjaar se fees die grootste gaan wees en na verwagting gaan meer as 'n 1 000 mense deelneem.
Heyneke Meyer, dryfkrag agter die fees en een van die organiseerders, het aan George Herald gesê daar is reeds goeie belangstelling vir die geleentheid.
MenskLe kan nog inskryf. Belangstellendes kan Juanita da Matta bel by 071 457 2696.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’