GEORGE NUUS - Welbekende blommekunstenaar Marjolijn Malan, bygestaan deur Hanlie Britz, gaan Saterdag 7 Mei Afrikaanse liedjies deur die Voëlvry-sangers met blommekuns verbeeld.
Dit sal by die George-blommeklub se geldinsamelingsgeleentheid by die George-Suid NG-kerksaal plaasvind.
Tee en verversings rondom 'n gasvroutafel, baie geluktrekkings en lootjie-artikels is ingesluit teen R100 per persoon.
Koop kaartjies vooraf by Jackie Theron 083 294 0606 of jackie@etime.co.za vir spysenieringdoeleindes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'