GEORGE NUUS - Die vredemaker van Kloppers, Leandré Pietersen, is deur kollegas met ‘n gedenkdiens op 12 Januarie by haar huis in Adamstraat, Rosedale onthou.
Haar kollegas sê sy was ‘n baie gemaklike persoon wat met almal oor die weg gekom het. Sy was werksaam by Kloppers vanaf 2012 tot en met haar afsterwe op 10 Januarie.
Al haar kollegas was teenwoordig by haar verbyrydiens, om ‘n roos neer te lê. Pietersen se dood laat ‘n groot leemte in Kloppers, vertel haar kollegas aan George Herald. “Sy was voorwaar ‘n aanwins vir die winkel waar sy as verkoopspersoon gewerk het."
Sy laat haar verloofde Bradley Gordon, ‘n seun Naviago (14) dogter Meliyah (2), haar ma, pa, een broer en twee susters agter.
Kloppers se winkelbestuurder Hein Botha, was ook by Pietersen se diens teenwoordig.
Pietersen word beskryf as almal se liefling, ‘n regte grapjas. Haar kollegas meen sy gaan sekerlik gemis word.
Leandré Pietersen
Kollegas van Pietersen woon haar begrafnis by by haar huis in Rosedale.
Al haar kollegas was teenwoordig by haar verbyrydiens.
Pietersen word beskryf as almal se liefling,
Foto's: Salette Cloete
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'