Gallery
GEORGE NEWS - Die leerders en personeel van Klouterwoud-speelskool het op Woensdag 14 Desember die bejaarde ooms en tannies van Tuiniqua-versorgingsentrum se dag opgekikker toe hulle vir elke inwoner 'n handgemaakte Kerskaartjie gebring het.
Die kleintjies het ook Kersliedere gesing en baie liefde aan die bejaardes uitgedeel.
"Dankie aan die kinders van Klouterwoud vir hul kuier vanoggend. Hulle het Kersliedere gesing en Kerskaartjies en drukkies aan inwoners uitgedeel," het 'n plasing kort na die besoek op Tuiniqua se Facebook-blad gelui.
FOTOGALERY: Klouterwoud-speelskool besoek Tuiniqua-versorgingsentrum
Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'