Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Klein besighede in Pacaltsdorp ondersteun die inisiatief van Albe de Swart, die eienaar van Spar in Pacaltsdorp, om kos te voorsien aan minderbevoorregtes.
De Swart het op sosiale media uitgereik en sover het drie plaaslike besighede, JS Architects, Victoria Driving School en BM Skills Development nadergestaan met ‘n donasie.
Basil Myners van BM Skills Development, sê dit gaan nie oor hoe groot of klein die donasie is nie, solank jy iets kan bydra. “Ek daag alle klein besighede in Pacaltsdorp uit om ook nader te staan en ‘n bydrae te maak. Saam kan ons ‘n verskil maak.”
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'