- Die ekonomiese impak van die fees op Oudtshoorn was R64 693 miljoen (Dit beloop 8,6% van Oudtshoorn se bruto geografiese produk)
- Die ekonomiese impak op die Wes-Kaap was tussen R170 miljoen en R188 miljoen
- Besoekers het ongeveer R2 000 elk by die fees spandeer terwyl Oudtshoorniete ongeveer R660 elk spandeer het
- Daar is 534 tydelike werksgeleenthede in Oudtshoorn tydens die fees geskep
- Bykans al die feesgangers, 98% was Suid-Afrikaners waarvan 20% in Oudtshoorn woon
- Die grootste persentasie feesgangers van buite Oudtshoorn (53%) woon in die Wes-Kaap, 16% kom van die Oos-Kaap (53%) en 14% van Gauteng.
- Dat die Absa KKNK 'n unieke Afrikaanse kultuurfees is, is duidelik uit die bevinding dat 83% van die besoekers Afrikaanssprekend is
- Wat bevolkingsgroepe aanbetref was 55% feesgangers wit, 37% bruin en 6% swart. (Snowball het daarop gewys dat die persentasie bruin feesgangers baie toegeneem het teenoor feeste van vroeër)
- Uit 'n grafiek wat die hoofredes vir bywo-ning aantoon het die meeste mense die fees besoek om te ontspan, gevolg deur bywoning van vertonings, inkopies en besigtiging van kuns heelwat laer op die lys
- Die Rivierbuurt was die gunsteling besoekpunt vir meeste feesgangers met vertonings tweede op die lys
- Daar word bereken dat daar ongeveer 33 278 besoekers per feesdag op Oudtshoorn was en dat die gemiddelde feesganger 5, 6 dae by die fees deurgebring het. Dit beteken dat 'n geraamde 186 000 mense die fees bygewoon het.