Gallery
GEORGE NUUS - Leerders van George Preprimêr het harte gesteel met hul konsert ‘Children of the World’. Ouers en grootouers kon die kleingoed sien dans in uitrustings wat lande en kulture van oor die wêreld weerspieël. Duitsland, Amerika, Alaska, Hawaii, Frankryk, Mexico, Spanje, Ierland en Suid-Afrika het deel gevorm van hul repertoire.
Die Bitou Stoftrappers van Gouritzmond was die eregaste en het saam met die Geelklas van George Preprimêr opgetree. Al ses dansers is leerders van Oker Primêr.
Hul flytvoetige danspassies het baie aandag getrek danksy helder rooi veldskoene, al die pad van Strassbergers in Clanwilliam, ter ondersteuning van die talentvolle groep.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'