Die kinders het elkeen 'n lekkergoedpakkie en kolwyntjies gekry en daar is heerlik met hulle gespeel. Die kleintjies het gesiggies geverf terwyl die ouer kinders saam met die grootmense kon dans. Kersvader is met groot opgewondenheid ontvang toe hy ingebring is deur die Guns n Roses-motorfietsklub. Elke kind het 'n geskenk wat spesifiek vir hom of haar gekoop is, ontvang en daarna is aangesit vir 'n smullekker potjie-kosete.
JJ Motors en die Static Squad bedank almal wat 'n bydra gemaak het en die personeel hoop om in die toekoms weer saam met al die rolspelers te werk om glimlaggies op kindergesiggies te verseker.
Die Static Squad is 'n motorklub van Mosselbaai wat daarop fokus om die plaaslike gemeenskap en die omliggende areas te bedien deur welsynswerk.
Enigiemand wat wil betrokke raak by hul uitreikaksies kan vir Kobus Oosthuizen kontak by 076 155 9270 of vir Denolene Kannemeyer by 082 531 0139. Hulle sê enige skenkings is welkom, aangesien donasies hulle in staat stel om soveel meer vreugde te bring.
Die Static Squad saam met die kinders en huisouers van Môreson Kinderhuis.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'