Die span van KFM 94.5 het gister dié skool besoek nadat een van die gestremde leerders, Thelma Mtyandeni, se ma ’n brief aan die stasie se 'Christmas Wish List' gestuur het. In die brief het Mtyandeni die drie meisies se moeilike omstandighede verduidelik.
KFM, in samewerking met die Dischem Foundation, het gesorg dat daar drie gemotoriseerde rolstoele aangeskaf word om vir die gestremde meisies te gee.
Die rolstoele is elk R35 000 werd.
Rayn O’Conner, saam met Jeremy Harris, het tydens sy ontbytprogram, wat die hele drie ure vanaf Principia uitgesaai is, die stoele aan die drie oorhandig te midde van groot opgewondenheid onder die Principiane.
.jpg)
Die drie gestremde leerders van Principia Kollege Maria Somana, Nomzi Peter en Thelma Mtyandeni wat die nuwe rolstoele ontvang het. Saam met hulle is Jeremy Harris, me. Sheila Mtyandeni wat die wens gemaak het en Ryan O’Conner van KFM 94.5.
.jpg)
Ryan O’Conner van KFM toets een van die gemotoriseerde rolstoele uit.
Artikel deur Jaco Human van die Oudtshoorn Courant, susterkoerant van die George Herald.