GEORGE NUUS - Hibernia Primêr kan met reg sê hulle leerders kán spel. 'n Hele paar kinders het vir die WOW-spelkompetisie (Woorde Open Wêrelde) ingeskryf en vier het na die distrikskompetisie deurgedring.
Kelsey Jacobs is as die beste speller in die distrik aangewys.
Hier is die vier leerders van Hibernia Primêr wat na die distrikskompetisie deurgedring het. Van links: Robyn Ann Jordaan, Miyah Adams, Grace Moolman en Kelsey Jacobs. Kelsey is hier ook as die beste speller in die distrik aangewys.
Kelsey Jacobs, gr. 7-leerder van Hibernia Primêr, het op 24 Augustus die distrikskampioen in die Wow-spelkompetisie geword. Kelsey is 'n ou hand by dié kompetisie en die organiseerders sê hulle sien haar naam elke jaar.
Hierdie 18 leerders het vir die spelkompetisie ingeskryf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'