WILDERNESS NUUS - 'n Voertuig in ’n boom in Hugo Leggatt van Wilderness se tuin, is besig om konsternasie te veroorsaak.
Leggatt sê die bestuurder is skoonveld. Die ongeluk het volgens hom iewers in die oggendure vanoggend, Maandag 28 September, plaasgevind.
Volgens voorlopige inligting was die voertuig onderweg uit Wilderness in Waterside-rylaan toe die bestuurder beheer verloor en die voertuig die pad verlaat het.
Gelukkig vir hom het 'n boom in Leggatt se tuin die val gekeer.
Die voertuig is egter steeds op dieselfde plek en tot dusver het niemand opgedaag om dit te probeer verwyder nie.
"Ek weet nie regtig wie om te bel of wat om te doen nie. Mense stop kort-kort om te kyk wat aangaan," het 'n bekommerde Leggatt vanoggend gesê.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Wilderness, Tuinroete nuus'