GEORGE NUUS - 'n Kabeldief wat in September 2021 deur lede van die gemeenskap in Maraiskamp, Conville, vasgetrek is, is op Maandag 24 Julie in die George-streekhof gevonnis.
Denvor Jantjies is tot 12 jaar direkte tronkstraf gevonnis ná hy en nog 'n persoon sowat 20 meter se elektriese kabels vanuit 'n straatlig in Dolfynstraat gesteel het.
Ná hulle die kabels uit die straatlig verwyder het, is die verdagtes na 'n oop veld in die omgewing waar hulle gepoog het om die koper uit die kabels te verwyder.
Lede van die gemeenskap kon daarin slaag om een van die twee vas te trek. Hulle kon hom hou tot die polisie opgedaag het. Hy het later skuld erken. Die ander het egter gevlug en is steeds soek.
Skade tot die waarde van R22 000 is aan die lig aangerig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’