Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Man met voete diep in die onderwys gesink het met sy 53ste verjaarsdag, Dinsdag 1 Junie, vyf graadeentjies van Kretzenshoop Primêr in Blanco met skoene geseën.
Jewel Jonkers, streekdirekteur (Eden/Klein-Karoo) van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het 'n baie spesiale rede waarom hy kinders se lewens met so 'n gebaar wil verbeter.
"Dit is vandag my verjaarsdag. Dit is ook Internasionale Kinderdag," het hy gesê. "Ek het self nie skoene gehad in my gr. 1-jaar nie en moes meer as 3 km kaalvoet deur die yskoue rypveld in Beaufort-Wes skool toe stap. Daarom wil ek aan gr. 1-leerders iets teruggee en hul aanmoedig om nie moed op te gee nie.
"As ek dit kon maak, kan hulle ook. Ek hoop om net 'n klein liggie aan te skakel op hierdie verjaarsdag en kinderdag."
Jewel Jonkers (links) oorhandig vyf pare skoolskoene aan die hoof van Kretzenshoop Primêr, Elton Titus.
Graadeentjies het vir Jonkers op hulle stoepie gesing, gr. 3-leerders het vir hom kaartjies gemaak en Chrislin Abrahams, 'n gr. 6-dogter, het 'n pragtige toespraak gelewer.
Kyk 'n video verskafte video hieronder:
Graadeentjies het vir Jonkers op hulle stoepie gesing.
Chrislin Abrahams (gr. 6) het 'n pragtige toespraak gelewer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'