GEORGE NUUS - ‘n 19-jarige vrou van Syferfontein is gistermiddag, Donderdag 9 Mei, in hegtenis geneem nadat die Pacaltsdorp-polisie dagga en Mandrax-tablette in haar besit gevind het.
Volgens die polisie het hulle inligting opgevolg oor gesteelde eiendom in die area toe hulle die vonds maak.
Hulle het op meer as 500 daggaplante, los dagga in sowat 47 bottels en Mandrax ter waarde van R1 200 beslag gelê. Die geskatte waarde van die dagga is R20 000.
Die verdagte is na ‘n na-uurse borgtogaansoek op R1 000 borgtog vrygelaat.
Die polisie het ook ‘n tweede verdagte (29) in hegtenis geneem vir die besit van twee vermoedelik gesteelde selfone.
Hulle sal eersdaags weer in die hof verskyn.
Lede van die Pacaltsdorp-polisie wat deel was van die operasie in Syferfontein, Sasha-lee Filanie (student), Du-Mello Olkers (student), konstabel Edrigh Richards, Christopher Aweries (student), kaptein Lorraine Coetzee, Curtleigh Petersen (student), Beaumondt Van Wyk (student), adjudant-offisier Johan Jumat, Joshua Alaart (student), Patrick Koeries (student), adjudant-offisier Mario Khaula, Raphaelle Damons (student), Sarah-lee Jansen (student) en die stasiekommissaris van Pacaltsdorp lt.kol. Hans Blaauw.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'