GEORGE NUUS - Voortrekkers dwarsoor die land het op Jeugdag met die hulp van radio-amateurs aan 'n spesiale feesroepsein deelgeneem. Hierdie Jeugdag-viering het ook deel gevorm van die beweging se 90-jarige bestaansviering.
Voortrekkers van so ver as Namibië is betrek om aan die feesroepsein (ZS90VTK) deel te neem, wat vanaf die dak van die Voortrekkermonument in Pretoria geaktiveer is. George-kommando het ook aan hierdie spesiale roepsein by die Outeniqua-vervoermuseum deelgeneem.
Radio-amateurs Danie Joubert (ZS1DBJ), Hennie Stander (ZS1IK), Corné Conradie (ZS1COR), Keverne Thurling (ZS1ABU) en Jannie Smith (ZS3CM) van die Suid-Kaap Amateur-Radioklub (ZA1SKR) het hulle voorliefde en kennis van die radio aan die kinders oorgedra.
Jong lede van die George-kommando kon gesels met radio-amateurs in Natal en die Weskus.
"Dit was 'n ongelooflike ervaring vir die jongelinge," het Annemarie van Niekerk, 'n spanoffisier, gesê.
Petro Marie Fourie, Kholofelo Matlala en Danie Joubert (ZSDBJ) wat vir George Knell touwys maak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'