GEORGE NUUSFLITS - 'n Talentvolle gr. 12-leerder van Hoërskool Outeniqua, Bernedette Botha, het die derde plek verower in 'n landswye skryfkompetisie.
Botha, wat vir jare 'n weeklikse tienerrubriek vir George Herald geskryf het, het brons in die 2017 senior poësie kategorie van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) verwerf, een van talle trofeë wat reeds in haar vertoonkas pryk.
Botha het in 2013 die eerste plek in die BSV se kategorie vir opstelle in die junior afdeling gewen asook die HAUM Literêre trofee. Sy was in 2012 redaktrise van Uniqua, die skoolkoerant van Laerskool Outeniqua, en het reeds vroeg in haar skoolloopbaan ‘n belangstelling in skryf getoon.
Sy was in 2014 ‘n finalis in die JIP/Die Burger/ATKV Gedigtekompetisie, nasionale wenner van die ATKV skole ekspo-kompetisie (juniors - beredeneerde opstel) en het tweede gekom in die poësie kategorie.
Lees meer in Donderdag se George Herald en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'