Volgens Roelfse moes Lance vir nog drie maande arbeids- en fisioterapie ondergaan, maar is binne 'n maand geskik verklaar om huis toe te gaan. "Dit is 'n teken daar is altyd hoop, mens moet net bly glo en bid," het Roelfse gesê.
Hy het bygevoeg dat Lance se algemene welstand baie goed is en hy nou weer soos normaal alles vir homself kan doen. Lance beoog ook om volgende maand met sy studies by Unisa voort te gaan.
Lees meer in môre se George Herald, asook aanlyn.