Dit was Jennifer Hartnick, Group Editors se Inspire-rende Vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo se woorde Vrydagmiddag tydens ‘n spesiale tee vir die 12 finaliste by Travel Bugs in Yorkstraat. Die finaliste is ook bederf met ‘n pragtige bos blomme van Hearts and Roses Wholesale Florists.
Jennifer, ‘n Wes-Kaapse parlements-lid van Slangrivier (net anderkant Heidelberg), het spe-siaal van Kaapstad af gevlieg vir hier-die funksie en moes dieselfde dag weer terugkeer Kaap toe vir nog ‘n funksie later die aand.
"Toe ek Dinsdag-oggend die oproep ontvang om my mee te deel dat ek gewen het, was ek so opgewonde, maar ek moes nog ‘n dag se parlementêre verga-derings deurwerk," vertel sy. "Maar op pad huis toe het ek het dadelik ‘n bottel
sjampanje gaan koop en alleen in my woonstel ‘n glasie op myself geklink."
Jennifer en Amy se storie
Jennifer is deur Amy Naidoo, ‘n matriekleerder van Kairos Senior Se-kondêr vir vanjaar se Inspirerende Vrou van die Tuin-roete en Klein-Karoo genomineer.
Amy het aan die einde van graad 11 oorweeg om nie vir haar matriekjaar in te skryf nie, maar Jennifer, ‘n vrou met ‘n passie vir die opvoeding van die jeug, het Amy oorreed om haar skoolloopbaan te voltooi. Sy het ook belowe om te sorg vir Amy se matriekafskeid-rok.
"Ek is só bly Amy het besluit om skool klaar te maak," het Jennifer Vrydag vir die vroue vertel.
Sy het ook bygevoeg dat Amy nou ‘n top-student is en baie goed op skool vaar. "Opvoeding is verskriklik belangrik. Noudat Amy haar skoolloopbaan gaan voltooi, gaan daar beslis deure vir haar oopgaan."
Amy se onderwyser, mnr. Denzel Geldenhuys en haar pa Basil het persoonlik gesorg dat sy óók Vry-dag se funksie kon bywoon.
Pryse, pryse, pryse!
Vanjaar se Mees Inspirerende Vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo wen hierdie wonderlike pryse:
-’n Aand vir twee in die Hyatt Regency Golf Resort & Spa se presidensiële suite ter waarde van R15 700. Die prys sluit ‘n geskenkbewys vir ontbyt en aandete in.
-Plasma-televisiekabinet van Cape Gold Furniture Manu-facturers ter waarde van R5500.
-Half-dag spapakket by TheViews Spa, Wellness at the Sea in Wildernis ter waarde van R2400.
-Naweek vir twee by die Oakhurst Hotel in George, met ontbyt. Waarde: R1990.
-Botlierskop-wildrit vir twee ter waarde van R1000.
-Guess-beursie van Werner Fourie Oogkundiges. Waarde: R500.
-Middagete vir twee by Café Gannet in Mosselbaai ter waarde van R200.
As nomineerder van die wenner het Amy Naidoo 'n elegante Oakley Crosshair-sonbril van Werner Fourie Oogkundiges (ter waarde van R1899) gewen. Sy het ook ‘n naweek vir twee by die Oakhurst Hotel in George gewen (waarde R1990) asook ‘n middagete vir twee by Café Gannet in Mosselbaai ter waarde van R200.
Geskenke en nóg geskenke!
Die 12 finaliste het elk ‘n yslike geskenkpak propvol verrassings ontvang. Baie dankie aan die volgende borge:
Stilbaai en Riversdal-borge:
Tabeel Boekwinkel, Aloe Ferox, Aroma Drankwinkel, Stilbaai Apteek, Matchbox, Blue Bells Kwekery, Oasis Water, Beleef, Pakketmoles, Nestlé, Crause Byeboerdery, Riversdal Apteek, Suid-Kaap Forum, Stilbaai Spar en Mariska Rossouw van Avroy Schlain.
George-borge:
Pure Beauty, Lizzy Cream, Du Mont Kelders en RNA Distribusie.
Mosselbaai-borge:
Splash Spa, Baruch’s Coffee en Cor en Caren Venter van Herbalife.
Oudtshoorn-borg:
Karusa Wyne.
Sien nog foto's hier: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=141&gid=5
.jpg)
Jennifer Hartnick, Group Editors se Inspirerende Vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo (tweede van regs) saam met (van links) Nicole Moolman, Group Editors-bestuurder, Mandi Botha, George Herald-redakteur en Greta Gericke, 2009 se Inspirerende Vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo.
.jpg)
Maria Veiwer van George (links) en Maria de Later van Oudtshoorn het hul gate uit geniet!