TUINROETE | KAROO NUUS - ‘n Mercedes Benz wat op 14 Maart in George in die Wes-kaap gesteel is, het ‘n maand later, Sondag 16 April, met ‘n slag kop uitgesteek in die Oos-Kaap.
Die Mercedes, met ‘n waarde van R460 000, is deur Navic (National Vehicle Intelligence Cloud) in Graaff-Reinet bespeur, en weer die afgelope Sondag omstreeks 11:00 buite die dorp opgemerk onderweg na die Lootsbergpas na Middelburg.
Cradock se polisie en K9-hoofwegpatrolliespan het die R61 kruising beman en toe na die N10 beweeg, maar die voertuig was skoonveld.
Lees meer op susterspublikasie, Graaff-Reinet Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’