GEORGE NUUS - Inwoners van Wildernishoogte het Sondag ‘n ekstra bederfie vir Moedersdag by ‘n sopkombuis ontvang. Collin Wildeman ‘n gemeenskapswerker, sê hier is ‘n groot nood vir kos. Hy het dus onlangs aansoek gedoen om sy sopkombuis by die munisipaliteit te registreer.
Wildeman sê hy gee twee keer ‘n week, sewe dae ‘n week, kos aan 57 mans, 53 vroue en 41 kinders.
“Ek het gesien hoe swaar die mense kry, veral in die plakkerskamp. Ek het twee mense wat my help. Zelda Timothy en Antas Brown is my regter- en linkerhand.”
Met die donasies wat hulle gekry het, kon hulle darem Sondag ‘n klein bederfie saam met die sop uitdeel.
Wildeman het ook uit sy eie sak maskers vir sowat 10 klein kinders gekoop en wil graag nog tien kinders van maskers voorsien.
Saam met die sop het inwoners ook 'n soetding gekry.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'