Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Nuwe inisiatief om te kyk hoe uitdagings in George se gemeenskap opgelos kan word, is van stapel gestuur.
Verteenwoordigers van kerke, polisie, sakegemeenskap, welsyninstansies en die plaaslike owerheid het op Dinsdag 20 September koppe bymekaar gesit in die Langgebou by die NG Moedergemeente.
Dr. Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, het as fasiliteerder opgetree.
Die volgende is voorgestel:
- Raad van trustees van nie-regerings-organisasies (NRO's) moet gevorm word, wat aanbevelings vir finansiering sal maak;
- Die George-gemeenskapsnetwerk sal die gesprek voortsit:
- 'n Jaarlikse konferensie waar die burgerlike- en sakegemeenskap bymekaarkom om NRO's by te staan; en
- Die George-gemeenskapsnetwerk sal ook werk aan 'n gemeenskaplike visie om sosiale kohesie te bou.
Gedeelde waardes
'n Gesamentlike waardesisteem moet ontwikkel word.
Daar is 270 kerke en slegs vyf polisiestasies in George - Hanekom sê dis duidelik dat die kerk veel beter geposisioneer is om 'n verskil te maak, maar dan sal hande gevat moet word.
Dr. Steve van der Walt en dr. André Pieterse, leraars van die gemeente, het gesê alle belanghebbendes is welkom om betrokke te raak.
Van der Walt het gesê die vraag is hoe en wat. Daar is nood soos werkloosheid, haweloses en misdaad.
Pieterse het gesê oplossings moet uit die gemeenskap kom.
VIDEO: Nuwe inisiatief
Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die George-sakekamer, wat ook by die geleentheid was, het gesê so 'n inisiatief is noodsaaklik, maar leiers sal moet saamwerk om die breë gemeenskap op te hef.
"Dis baie belangrik dat gedeelde waardes gevestig word. Daadwerklike aksiestappe en implementering is nodig."
Van die aanwesiges tydens die gesprek
Van die aanwesiges tydens die gesprek
Dr. Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'