Update
GEORGE NUUS - 'n Inbreker is Vrydagoggend, 6 April, in die vroeë oggendure by 'n huis in Bodorp doodgeskiet.
M Sec Security George se bestuurder, Marcelle Schröder, sê een van hul sekerheidswagte het om 02:01 op 'n paniekalarm by 'n huis gereageer en om 02:08 op die toneel aangekom.
Die huis het 'n drie meter hoë heining en die eienaar het die hek oopgemaak om die wag binne te laat.
Die wag het selfone en tablette aan die binnekant van 'n oop venster aan die agterkant van die huis ontdek terwyl hy rondom die huis gepatroleer het. "Hy het gesê 'n man het hom skielik vanuit die donker tuin met 'n dik houtpaal aangeval en op die bors geslaan. Die wag het op sy rug geval en die verdagte gewaarsku om stil te staan. Die verdagte het sy aanval voortgesit en die wag het 'n waarskuwingskoot geskiet."
Selfs dít het nie die inbreker afgeskrik nie en die wag het nog 'n skoot afgevuur. Die koeël het sy aanvaller in die kop getref. Hy is op die toneel dood verklaar.
M Sec-ondersteuning, die polisie en ambulansdienste was kort daarna op die toneel. Die wag is later die oggend in hegtenis geneem, ondervra en vrygelaat.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is dit normale prosedure om in só 'n geval die persoon wat geskiet het in te neem vir ondervraging. Hy sê 'n moorddossier moet geopen word ongeag of die dood nalatig of doelbewus was.
"Die hof of vervolgingsgesag sal beslis welke geval dit is en of die wag in selfverdediging opgetree het. Die klagte kan dan verander word. Die besluit om iemand in hegtenis te neem, al dan nie, berus op die polisie- of ondersoekbeampte."
*A burglar was shot and killed at a house in Bodorp in the early hours of Friday 6 April.
Marcelle Schröder, M Sec Security George manager, says one of their security guards responded to a panic button alert at 02:01 and arrived at the house at 02:08. According to Schröder the guard reported that a man attacked him with a thick wooden pole.
The guard fell onto his back and warned the attacker to stand still, but the intruder continued his attack and the guard fired a warning shot.
Even this did not deter the assailant and the guard fired again - this time the bullet hit the attacker in the head and he died on the scene.
Lees 'n vorige aritkel: Burglar shot and killed
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'