Update
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Groep kampvegters vir die regte van inheemse volke het gisternag deelgeneem aan 'n nagwaak by die George-museum. 'n Hut is op die terrein opgerig vir die menslike oorskot wat by Pacaltsdorp begrawe gaan word.
Die oorskot, wat tot nou toe bewaar is in die George-, Groot-Brak- en Bartolomeu-museum in Mosselbaai, is vir die nag in die hut geplaas tot vanoggend wanneer dit na Pacaltsdorp gedra word.
Vyf grafte is vir die beendere voorberei by die graf van Kaptein Dikkop, eertydse leier van die inwoners van Hoogekraal.
Vannag, Woensdag 11 Julie, gaan die groep by die beendere by die grafte waak voordat dit voor sonsopkoms Donderdagoggend 12 Julie begrawe word.
Volgens Niël Hartman, een van die deelnemers, is dit 'n vreugdevolle gebeurtenis omdat hul voorsate se oorskot uiteindelik 'n menswaardige teraardebestelling gaan ontvang.
Die seremoniële-verrigtinge het behoorlik vlam gevat op Woensdagoggend op die George Museum se terrein waar 'n groepie mense insluitende Kretzenshoop leerlinge om die vuur gedans het.
Dit was 'n vrolike saamsingery en dansery op die George Museum se terrain net voor die aanvang van die groot stap na Pacaltsdorp. Die bekende Niël Hartman het die gebeurtenis as 'n geskiedkundige dag beskryf en die SABC kameras was ook daar om dit vas te vang.
Dit gaan 'n private seremonie wees waar daar uit respek geen kameras of besoekers toegelaat sal word nie.
Kyk 2 video's hieronder:
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'