GEORGE NUUS EN VIDEO - George-brandweer was vanoggend vinnig op die toneel na 'n huis op die hoek van Palgrave- en Hoogstraat begin brand het.
Niemand was tuis tydens die voorval nie.
Die oorsaak van die brand is nog nie bevestig nie, maar die vermoede bestaan dat dit as gevolg van 'n kortsluiting begin het.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Kyk 'n video hieronder:
George-brandweer was vanoggend vinnig op die toneel.
Niemand was tuis tydens die brand nie. Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'