GEORGE NUUSFLITS - 'n Brand het erge skade aan 'n huis in Eden aangerig.
Die brand het net na na 11:00 vanoggend ontstaan.
Die geskokte eienaars, Klasie en Elmien Maré, het self vergeefs met brandblussers probeer om die brand te blus.
Die brandweer is ontbied en is steeds op die toneel.
Daar is feitlik niks oor van onder meer die studeerkamer, eetkamer en sitkamer nie.
"My klavier waarmee ek werk is daarmee heen," het 'n erg getraumatiseerde en betraande me. Maré, 'n musiekonderwyseres, gesê.
Hoekwil-brand
In nog 'n brand gisteraand is 'n gedeelte van 'n dubbelverdiepinghuis in Olifantstraat, Hoekwil in puin gelê.
George-brandweer is om 20:40 uitgeroep.
Die boonste vertrekke is vernietig terwyl rook- en waterskade aangerig is aan die grondvloer.
Bertie van Straaten het die Maré-gesin bygestaan.
Polisie op die toneel in Eden vandag.
ARTIKEL & FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'