GEORGE NUUS - Ná meer as drie ure se knip en skeer kon ons agterkom wat die voor- en agterkant van dié hond was. Só sê Tuinroete DBV se bestuurder, Salomé Bruyns.
'n Inwoner van Borcherds het Vrydagmiddag, 6 September, ‘n Malteser-reun met erg gekoekte hare kort na 17:00 by die DBV ingedra.
"Die hond se hare was so erg gekoek en aanmekaar gekleef, dat ons nie kon onderskei watter kant voor en watter kant agter is nie. Hy was definitief die ergste wat ons nog ooit gesien het," sê Bruyns.
Die DBV se aannemingsbeampte, Dawn Meyer, het vir Christo Welman, eienaar van Urban Dog Grooming, om hulp genader.
"Hy het sonder huiwering sy hulp aangebied en dieselfde aand die hond kom was en skeer. Ons is hom [Welman] oneindig dankbaar. Hy skroom nooit om ons te help nie. Die hond was vreeslik getraumatiseer en duidelik nie menslike aanraking gewoond nie. Dit moes ‘n paar jaar se verwaarlosing geneem het vir hom om so te lyk," meen Bruyns.
Sy sê hoewel die viervoet nog maar bang is, laat hy hulle deesdae toe om aan hom te vat en saam met hom te gaan stap.
Indien iemand hom wil aanneem, of enige inligting rondom die hond of sy eienaar het, kan hulle die DBV by 044 878 1990 skakel.
Die Malteser-reun het erge oor- en ooginfeksie gehad, maar is vinnig besig om te herstel.
IN SHORT
After more than three hours of grooming, they could tell the difference between the front and the back end of a dog that was brought in to the Garden Route SPCA on Friday afternoon. dog. A resident of Borcherds brought the Maltese male with severely tangled and matted hair to the SPCA. He is not the owner of the dog. "The dog's hair was so badly tangled and matted that we couldn't tell which side was in front and which side was behind. He was definitely the worst we have ever seen," said SPCA manager, Salomé Bruyns. Fortunately for them, and the dog, Christo Welman from Urban Dog Grooming, gave a hand and groomed the dog that same evening.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'