SUID-KAAP NUUS - Die eienaar van 'n hommeltuig het skade gely toe 'n onbekende persoon glo op Nuwejaarsdag, 1 Januarie sy swart DJI Mavic Pro opgetel het.
Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie, het die persoon omstreeks 00:05 die hommeltuig in die omgewing van Nautica-woonstelle gebruik, toe die battery pap word en dit moes land in Louis Fourie-weg.
Na die noodlanding, moes die persoon toe toekyk hoe 'n wit motor by die hommeltuig stop en iemand dit in die voertuig laai.
'n Diefstalsaak word ondersoek deur sers A Binneman van die Da Gamaskop-speurafdeling.
Enige persoon met inligting kan sers Binneman kontak (044 606 2200).
'n Beloning word aangebied vir inligting wat daartoe lei dat die hommeltuig teruggevind word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'