GEORGE NUUS - Die munisipale hof het geen hofrolle oor die feestyd nie. Die hof is toe vanaf 25 tot 29 Desember en heropen op Dinsdag 2 Januarie 2018.
Volgens die munisipale woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, doen die hof besonder goed. "Die hof is baie besig, alhoewel die meeste mense verkies om nie te verskyn nie en eerder hulle boetes te betaal," het sy gesê.
Gemiddeld 800 sake word per week op die hofrolle geplaas.
"Dit bly egter 'n uitdaging om lasbriewe wat deur die hof gemagtig is, te beteken op oortreders," het Edwards-Klose gesê.
"Daar word egter nou spesifieke persone aangestel om hierdie lasbriewe te beteken." Vir die tydperk wat die munisipale hof gesluit is, sal enige lasbriefgevalle in die plaaslike landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'