Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die George-munisipaliteit en die Cansa Relay for Life daag inwoners en besoekers uit om van 5 tot 15 Maart deel te neem aan 'n virtuele staptog en fietsry-geleentheid.
Die jaarlikse geleentheid, waarvoor geld ten bate van Kansa (Kankervereniging van Suid-Afrika) ingesamel word, kan vanjaar as gevolg van die Covid-19-situasie nie in sy gewone formaat plaasvind nie.
Aanpassings word gemaak. Dit bied geleentheid om mense wat kanker oorleef se lewens te vier en mense bewus te maak van kanker.
George-burgemeester, Leon van Wyk, gaan vanjaar deelneem. Hy was Woensdagoggend, 24 Februarie, vroeg uit die vere en het nog voor werk, tyd ingeruim om solank 'n oefenstappie in te kry.
Hy het aan George Herald gesê die munisipaliteit steun dit. Mense kan op hul eie deelneem deur byvoorbeeld te stap, te draf of fiets te ry.
Inskrywingsvorms is so ontwerp dat mense dit van 'n selfoon kan aflaai en invul. Inskrywings behels 'n 5 km, 10 km, 42 km or 90 km-staptog/hardloopsessie of fietsry. "Ek daag almal in George uit om deel te neem," het Van Wyk gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Enigiemand kan deelneem. Dit sluit in verteenwoordigers van sakeondernemings, leerders by skole, inwoners van tehuise vir bejaardes en inwoners van woonbuurte. Die organiseerders hoop om tussen 2 000 en 3 000 mense te betrek.
Vir meer besonderhede kontak: Adri Odendaal by e-pos: aodendaal@cansa.org.za of bel 072 133 0444 of Lameez Abrahams, e-pos abrahams@george.gov.za of bel 044 801 9060.
George Municipality and Cansa Relay for Life challenge you, your friends and family, businesses, schools, community leaders to join us from 5 to 15 March in a Virtual Run/Walk or Cycle for Life to raise much needed funds. At the heart of Cansa Relay For Life is the opportunity to celebrate cancer survivors, to remember those who have left us and create awareness about cancer. Leon van Wyk, George Mayor will participate in this years event.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'