Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEOS - Die munisipale bestuurder van Mosselbaai, Adv Thys Giliomee het die hoop uitgespreek dat die brand, wat sedert vanoggend in Hartenbos Heuwels woed, gou onder beheer gebring sal word.
Hy het bevestig dat groot skade aan ten minste twee huise aangerig is.
Hy het sy dank uitgespreek teenoor die enorme spanpoging tussen lede van die Mosselbaai Brand en Rampbestuursdienste, George Munisipaliteit asook die Tuinroete Distriksmunisipaliteit, Kobus Crous van Mossel Bay Helicopters en die lede van Working on Fire wat tans verbete te midde van sterk wind die brand beveg
Advokaat Giliomee het benadruk dat geen opdrag gegee is vir ontruiming nie, hoewel talle mense hul diere en veral our persone vrywillig uit die area ontruim het.
Die brand het intussen oor die R328, die pad na Oudtshoorn gevorder, en die pad is intussen vir verkeer gesluit.
Brandbestryders van die George Brandweerdienste werk tans om die vuur daar te blus.
Verdere inligting sal volg soos wat dit bekend gemaak word.
Kyk videos hieronder:
Groot skade is aan ten minste 2 huise aangerig.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'