Update
GEORGE NUUS - Die liggaam wat Saterdagmiddag omstreeks 13:00 op die strand in Wilderness uitgespoel het, is geïdentifiseer as Louis Joubert (49) van New Dawnpark.
Hy is die visserman wat op Saterdag 31 Maart naby die Gwaiingriviermond vermis geraak het ná hy klaarblyklik tydens springgety deur 'n brander van die rotse geslaan is.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, was die gesig reeds onherkenbaar ontbind.
“Die familie kon hom slegs deur sy klere en ‘n armband uitken.”
Lees 'n vorige artikel: Fisherman missing
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'