GEORGE NUUSFLITS - Die vreugde- en potjiekosvure het gister hoog gebrand tydens die herloodsing van die gholf-oefenbaan in Conville.
Kinders van al die omliggende woonbuurte kan hier kom oefen en kry onderrig by die passievolle pastoor Joseph Booysen, die stigter van die Golf Legacy Foundation.
"Alle kinders van die woonbuurt is welkom by ons mooi fasiliteit wat 4 jaar geneem het om te ontwikkel," het hy gesê.
Hy het sy dank uitgespreek vir die George-sakelui se ondersteuning.
Lees meer in volgende week se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'