Die werk, wat geskeduleer was vir 28 September, is verhaas omdat die Wolewedansdam tans oorloop.
Na verwagting sal die monding Woensdag omstreeks 15:00 oopgemaak kan word.
Die werk volg nadat 'n alarm vanoggend omstreeks 05:00 ontvang is dat die Wolwedansdam 100% vol is en begin oorloop het nà goeie reën in die opvangsgebied die afgelope naweek.