GEORGE NUUS - Knap voor die begin van die nuwe skoolkwartaal het toegewyde driekampatlete hulle bene gestrek met 'n byeenkoms in Groot-Brakrivier.
Die Eden-driekampkampioenskap is Sondag 14 Januarie aangebied met die hulp van die Eden-driekampfederasie wat die prysgeld geborg het, asook borgskap van die besigheid, Salt/Core, vir die medaljes en pryse.
"Eden-driekamp bedank elkeen vir hulle ondersteuning en deelname, en veral die borge wat gesorg het vir heerlike pryse," het een van die organiseerders, Lindie Lötter, gesê.
"Die toeskouers by die driekampby-eenkomste is ongelooflik. Hulle moet lank staan en wag om hulle geliefdes in aksie te sien. Dit is so oulik."
Die Eden-driekampspan wat by die SA Sprint-kampioenskappe op 3 Maart by Maselspoort in Bloemfontein gaan deelneem, sal binnekort aangekondig word.
Die volledige uitslag van verlede naweek se kampioenskap is te siene op www.edentriathlon.co.za
Sebastian Swart is die ene konsentrasie. Foto: Deidre Cloete
Die podiumuitslae is as volg:
Super naelren (super sprint)
(400 m-swem, 10 km-fietsry, 2,5 km-hardloop):
Mans/seuns:
1. Llewelyn Viljoen
2. Johannes Brink
3. Ruben Marais
Vroue/dogters:
1. Annabelle McEwan
2. Duné Haasbroek
3. Minay Botha
Naelren (sprint)
(750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
Mans:
1. Marsel Roos
2. Sebastian Swart
3. Jaco Karg
Vroue:
1. Lome Gouws
2. Amelia Manning
3. Karli Lötter
Standaardafstand
(1 500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop):
Mans:
1. Bonga Nkqintiza
2. Udo Karsten
3. Christoff Louw
Vroue:
1. Jo-Mari Smith
2. Bettina van Wyk
3. Bev Baker
Cameron McEwan (12) gee sy beste met die hardloop-afdeling. Foto: Deidre Cloete
Helen Pringle (voor), met Tania Fourie kort op haar hakke. Foto: Deidre Cloete
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’