GEORGE NUUS - Met nasionale Jeugdag wat voorlê op Donderdag, 16 Junie, moet Go George-passasiers asseblief kennis neem dat die Saterdagskedule (wat verskil van die weeksdagskedule) gevolg sal word op alle busroetes op hierdie openbare vakansiedag.
Vir enige navrae, skakel gerus die Go George-inbelkantoor by 0800 044 044, of besoek die Go George Facebook- of webblad waar alle roetes, kaarte en skedules besigtig of afgelaai kan word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'