GEORGE NUUS - Gregory Noble, 'n kind van George maak deesdae naam op KykNet en Kie se program Klop.
Met sy 'kannie dood gees' en 'aanhouer wen' houding het hy 'n jaar-lange kontrak ingepalm.
Gregory wat reeds bekend is as gospelsanger, vryskut joernalis en radio aanbieder is nou ook TV-aanbieder.
Sy ma Cecilia Noble is baie trots op hom en glo met die Vader se ondersteuning kan hy nie verkeerd gaan nie.
Gregory hoop om binnekort gesig te kom wys in George en die res van die Suid-Kaap, om ook hier jan-alleman en nuusmakers in die bruin gemeenskap se stories te vertel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'