GEORGE NUUS - Die George-eisteddfod is tans in volle gang met die drama-afdeling wat tot vandag (Donderdag 9 Augustus) voortduur by die Oakhurst Insurance George Arts Theatre.
Vanjaar se rekordaantal inskrywings vir die geliefde gemeenskapsgebeurtenis getuig van 'n groeiende gewildheid vertel Yvette Brown wat al vir jare die administrasie behartig.
Leerders van gr. R tot gr. 12 het ingeskryf vir die eisteddfod en die opeafdeling vir naskoolse studente en volwassenes is gewild. Daar was vanjaar oor die 3 300 inskrywings in die onderskeie afdelings. Die publiek word genooi om die beoordeling by te woon teen R10 per persoon.
Musiek (vokaal) vind plaas vanaf 13 tot 17 Augustus; dans is op 18 Augustus.
Musiek (instrumentaal) vind plaas vanaf 20 tot 24 Augustus wat rock en jazz (vokaal sowel as instrumentaal) insluit.
Die Georgiet Leentjie Nell (regs) is onvermoeibaar toegewy aan haar rol as die jaarlikse beoordelaar van die George-eisteddfod wat tans gehou word in die Oakhurst Insurance George Arts Theatre in Yorkstraat. Sy word bygestaan deur Marléne Pieterse.
Maak 'n aantekening van die prysuitdelingsaand wat gehou gaan word op Donderdag 30 Augustus in die George-kunsteteater. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'