GEORGE NUUS - Pacaltsdorp-polisie is op soek na vier mans ná 'n gewapende rooftog Saterdagaand, 7 Maart, by 'n winkel in Rosedale.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, word daar beweer dat vier gewapende mans met klapmusse omstreeks 20:40 die winkel in Genesisstraat ingestorm het.
"Hulle het die eienaar (57) en sy assistent met vuurwapens gedreig en hulle gedwing om met hul gesigte op die vloer te lê.
Hulle het binne enkele minute die kasregister, met 'n onbekende bedrag kontant, gevat en te voet van die toneel gevlug," sê hy. Skote is afgevuur, maar geen beserings is aangemeld nie.
Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om die ondersoekbeampte, adjudant-offisier William van Schalkwyk, by 044 803 9100 of 079 894 1589 of Stop Misdaad by 08600 10111, te skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Die polisie het nie die naam van die winkel bekendgemaak nie.
The Pacaltsdorp Police are looking for four men after an armed robbery on Saturday night, 7 March, at a shop in Rosedale.
Vorige artikel: Armed robbers on the loose
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'