GEORGE NUUS - Die gevierde skrywer, Irma Joubert, besoek George Leeskring op 28 Februarie.
Sy gaan haar nuutste boek, Mentje - kind van Pas-opkamp, bespreek.
Irma is bekend vir die skryf van historiese romans, soos Immer Wes.
Haar trilogieë Tussen stasies en Pontenilo is ook in Nederlands vertaal.
Sy het al verskeie toekennings vir haar werk ontvang, ook in Nederland.
Die byeenkoms vind plaas om 15:00 in die ACVV-huis, Victoriastraat 36.
Tee na die byeenkoms is R20.
Besoekers is welkom.
Kontak Elizabeth by 044 871 5117 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'