GEORGE NUUS - Gevaarlike wapens waaronder messe en 'n gholfstok is verlede naweek tydens 'n misdaadvoorkomingsoperasie in Pacaltsdorp gekonfiskeer.
Pacaltsdorp-polisie en buurtwagte in die omgewing waarsku hulle toon geen genade teenoor mense wat met gevaarlike wapens gevang word nie en die gemeenskap word versoek om liefs sulke tipe wapens tuis te los.
Indien 'n persoon met 'n gevaarlike wapen in sy besit gevang word sal hy of sy in hegtenis geneem word.
Gemeenskapslede, mans en vroue van 18 jaar en ouer, word versoek om by die buurtwag strukture en reserwe dienste aan te sluit.
Om by die buurtwag aan te sluit kontak Isaac Felix, buurtwagkoördineerder, by 072 959 0076 / 065 272 8838 en vir reserviste-aansoeke skakel sersant Bezuidenhout by 044 803 9110.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'