Update
GEORGE NUUS - 'n Rower het verlede Woensdagnag, na 'n huisbraak in George-Oos, met die eienaar se wit Nissan NP200-bakkie op die vlug geslaan.
Die eienaar het die volgende oggend ontdek twee selfone, 'n kamera asook ander huishoudelike items is gesteel. Kort daarna het hy gesien die voertuig is uit die motorhuis gesteel.
Die bakkie is sonder enige skade, Donderdagaand omstreeks 21:00 in Bellairstraat, Borcherds gevind.
Lede van die Crime Spotters George-reaksiespan het die vermeende rower in die voertuig aangekeer nadat hulle op 'n wenk van die publiek gereageer het, en kon die sleutel afneem voor hy weggehardloop het.
Hulle het die verdagte agternagesit, maar hy het tussen die huise in Borcherds verdwyn. 'n Polisielid en lede van George-polisie se misdaadvoorkomingseenheid was gou op die toneel om die reaksiespan by te staan. Die vermeende rower, wat steeds op vrye voet is, is na bewering onder korrektiewe toesig en die polisie hoop om binnekort 'n arrestasie te maak.
'n Saak van huisbraak en diefstal asook diefstal van motorvoertuig is by die George-polisie aangemeld.
Lees 'n vorige nuusflits: Gesteelde bakkie binne 12 ure gevind
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'