GEORGE NUUS - 'n Nissan-bakkie wat gisteroggend (17 Augustus) in George-Oos gesteel is, is gisteraand omstreeks 21:00 in Bellairstraat, Borcherds gevind.
Lede van die Crime Spotters George-reaksiespan het die vermeende rower in die voertuig aangekeer nadat hulle op ‘n wenk van die publiek gereageer het, en kon die sleutel afneem voor hy weggehardloop het.
Hulle het die verdagte agternagesit, maar hy het tussen die huise in Borcherds verdwyn.
Die vermeende rower is na bewering onder korrektiewe toesig en bekend aan die lede van die span. ‘n Polisielid en lede van George-polisie se misdaadvoorkomings-eenheid was ook gou op die toneel om die reaksiespan by te staan.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Die wit Nissan-bakkie is Donderdagoggend 17 Augustus in George Oos gesteel en deur lede van die Crime Spotters George-reaksiespan Donderdagaand in Borcherds gevind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'