TUINROETE NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se gr. 9-leerders het onlangs in die vak landbouwetenskap nader kennis gemaak met die sorteer van die plaas se Romios en Early Red appels.
Abé Kees, reeds 40 jaar verbonde aan Oakdale, het die Oakdalers leer appels sorteer met die ou sorteermasjien in die museum, wat uit die veertigerjare dateer.
Die gr. 9-klas beskou die sorteringsproses aandagtig.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'