Gallery
GEORGE NUUS - Inwoners van Oewerstraat in Denneoord is reeds in die gees van Kersfees. Die straat, wat bekend is vir hul pragtige Kersliggies, bied weereens elke aand 'n wonderland van kleur waaraan die kleinspan en hul ouers hulle kan vergaap.
Sedert 1 Desember parkeer Georgiete hul motors aan die bopunt van die straat en verkyk hulle te voet aan die feestelike Kersversierings wat bykans voor elke huis in die straat vertoon word.
Volgens Colette Rossouw, 'n inwoner, wat self jaarliks aan die inisiatief deelneem, beleef sy 'n ongelooflike samesyn in Oewerstraat: "Daar is niks so lekker as om die aand op jou stoep te sit en die kinders te hoor lag nie. Dit is ook besonders om die ouers saam met die kinders te beleef."
Kleingoed het verlede Woensdag, 11 Desember, 'n ontmoeting met Kersvader gehad, wat sowat 250 stokkielekkers binne 90 minute voor die Rossouws se huis uitgedeel het.
Kersvader gaan glo later weer 'n draai kom maak, net voor Kersfees.
Stokkielekkertyd: Van links is Lianéh Lemley, Payton Morris, Leané en Mareli Erasmus, Kersvader (Peet Geldenhuys), Zoey Zwiegers, Dané en Henco Grebe, Mea en Gabriella Hoephner.
Sterrekyk in Oewerstraat.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'