Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Dit is vandag die tweede en laaste dag van die George ou Motorskou. Gister was daar drie tydsgleuwe. Dit moes toegepas word as gevolg van Covid regulasies.
Alewijn Dippenaar, voorsitter van die skou, het kort gelede gesê al die kaartjies vir die drie tydsgleuwe was gister uitverkoop.
In totaal is 6000 kaartjies verkoop. Dinge het goed afgeloop en die samewerking van die publiek was uitstekend.
Vandag is daar geen tydsgleuwe. Die skou eindig om 14:00.
Van die voertuigeienaars wat die lang pad moet aandurf het al vanoggend terug vertrek huistoe. Daar is egter steeds 'n reuse versameling motors wat besoekers kan besigtig.
Besoekers kan vandag meer as 600 ou voertuie van naderby besigtig. Daar is ook verbyritte van trekkers en voertuie.
LEES: George Ou Motorskou begin
VIDEO: Final day of George Old Car Show
VIDEO: Adv Gert van Niekerk gesels met George Herald oor die George Ou Motorskou
VIDEO: Trekkers trek aandag
Adv. Gert van Niekerk, onderburgemeester van die Tuinroete distriksmunisipaliteit en sy vrou, Petro, vanoggend by die George Ou motorskou.
Besoekers kan vandag meer as 600 ou voertuie van naderby besigtig:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'