Dis geneem met 'n Canon EOS 1D Mark IV, lens opening: 200 mm; settings: F9, 1/1600sec, ISO200. "Ek het die krap-eter rob (crab-eater seal) naby die Antarktika skiereiland in Januarie 2011 gefotografeer. Hierdie robbe verskyn in groot getalle op die Antarktiese kus.
Die naam is misleidend aangesien hul hoof dieet kril is. Die foto is geneem vanaf 'n klein rubberboot (rubber duck) maar die lig was goed, en het my toegelaat om met 'n vinnige spoed en skerp fokus te neem. Die rob het op 'n stuk drywende ysrak gelê. Die temperatuur was minus 4, wat warm is vir Antarktika," verduidelik Schalk.
In tweede plek is Delmarie Skeen met haar foto getitel Sielsgenote, geneem met 'n Canon 600D; lens opening: 32 mm; settings: F11, 1/125 sec, ISO 200.
In derde plek is Henri le Roux met die foto The look geneem met 'n Nikon D700; lens: 70-200 mm F2.8 VR; settings: F14, 1/1000 sec, ISO 500. Henri verduidelik "Die foto het ek by Bokkomlaan, Velddrif op 14 Februarie 2013 geneem."
In vierde plek is die foto Trees wat deur Rudolph Hiemstra geneem is met 'n Canon 450D, lens - Canon 18 - 200 op settings: F11, 1/30sec, ISO 200. Die foto is geneem in die Knysnabos op 'n warm somersdag. Deur die foto in Photoshop te verstel en die meeste kleur te verwyder is die harde effek van lig en skadu versag om die bostoneel lig en verwelkomend te maak," verduidelik Rudolph hoe hy die dramatiese effek verkry het.

Schalk Engelbrecht se 'Middagslapie' het eerste plek behaal in die George-kamerklub se Februarie kompetisie.

In derde plek is Henri le Roux met die foto 'The look'.

'Trees' geneem deur fotograaf - Rudolph Hiemstra. Hy het vierdie plek behaal in George Kameraklub se maandelikse kompetisie.