Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - By George Hoërskool was daar ook vreugde toe 82,5% van die matrieks geslaag het. Altesaam 255 matrieks het die eindeksamen afgelê en 210 het geslaag.
Skoolhoof Morton van Rooyen sê die slaagsyfer is 1% minder as in 2018. Volgens hom was daar baie, baie uitdagings in 2018.
Nieteenstaande die laer slaagsyfer is hy tevrede. In heelwat vakke was daar 'n 100% slaagsyfer en individuele vakke het leerlinge onderskeidings behaal.
"Ons is hoogs in ons skik, maar daar is ruimte vir verbetering. Ons sal gaan kyk na die redes waarom daar 'n klein insinking was. Ons sal hard werk om beter in 2020 te doen." Daar is 'n paar leerders wat ongemotiveerd is en daar sal gekyk word hoe hulle gemotiveer kan word.
Kyk 'n video hieronder.
Francois Cummings (regs) word deur sy meisie Trinity Hector gelukgewens met sy matriekuitslae. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'