GEORGE NUUS - Die gemeenskap van Proteapark het vandag saamgestaan en daar is aan sowat 150 mense kos gegee.
Die kos is voorberei uit Johanna Pretorius se munisipale sopkombuis in Katjiepieringstraat. Hier maak sy gereeld kos vir kinders en grootmense. Haar bekommernis lê egter by die mense in die plakkerskamp waar daar geen hulp is nie.
George Herald verneem daar is op die oomblik vier geregistreerde sopkombuise in Proteapark wat hierdie mense kan help.
Gemeenskapleiers is bekommerd dat daar vir die afgelope twee weke nog niks vir die gemeenskap gedoen is nie. Blykbaar het net 'n sekere hoeveelheid mense kospakkies gekry en die res moes of inskakel by 'n sopkombuis of staatmaak op die goedheid van bure.
Hulle vra dus vir enige donasies sodat daar drie maaltye gemaak kan word. Die George-munisipaliteit se gemeenskapontwikkelings afdeling kan gekontak word by 044 802 2000 as jy die adres van jou naaste sopkombuis soek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'