GEORGE NUUS - Dolly Subramoney (54) van George, wat op 9 Augustus ernstige brandwonde by Ou Tol Cango Retreat buite Oudtshoorn opgedoen het, is gisteraand in die George-hospitaal oorlede.
Subramoney en twee vriendinne, René Mouton en Delene Pillay het die naweek van 9 Augustus by Ou Tol deurgebring.
Volgens Pillay het hulle ná middernag gaan slaap. Sy sê sy het in die vroeë oggendure wakker geword en besef die stoepgedeelte brand. Sy het Subramoney wakker gemaak en hulle het toe vir Mouton ook wakker gemaak. Een van hulle het die deur na die dek oopgemaak, maar dit het veroorsaak dat die vlamme die kamer oorweldig het.
Pillay het die venster in die slaapkamer oopgebreek en daardeur ontsnap. Sy het die ander twee deur die venster gehelp. Subramoney was laaste en het ernstige brandwonde opgedoen.
Subramoney se seun, Delaney, het kort na die brand gesê sy ma het ‘n operasie ondergaan en dat haar toestand ernstig was. Sy het 40% brandwonde opgedoen en was in die waakeenheid van die hospitaal.
Sy was 'n geliefde lid van die Tuinroete-gemeenskap en ‘n steunpilaar in die Lions-vereniging en huldeblyke het sedert gister op Facebook ingestroom.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Drie houthuise het afgebrand. Foto: Hannes Visser
VORIGE ARTIKELS:
- Son of burn patient asks for prayers
- Fire victim transferred to Tygerberg
- Getaway for friends ends in disaster
- George woman in ICU after fire
- Former police officer escapes death after cabin burns down
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'